Reviews and Feedback

Chem-Dry Overberg
Overberg Carpet Cleaning Client Feedback

Baie dankie vir julle goeie werk. Nuwe eienaars baie tevrede.  Linda B


Beste Phillip en Chrisna,
Dankie vir jul baie professionele en vriendelike diens. Dit was ‘n groot heerlikheid om jul diens te ervaar. Dankie vir die sweeties en bederfies,  die “ekstras” en die afslag. Die “dominee” waardeer dit verskriklik baie. Seën vir julle, jul huis en besigheid. – Chris M.


Môre Chrisna,
Na 3 keer se diens is ons steeds baie tevrede! Ons matte lyk pragtig. Dankie, vir julle professionele, vriendelike en goed georganiseerde diens. – Groete Tina


Baie dankie vir die uitstekende skoonmaak van my gordyne! Die werk is netjies en skoon gedoen, en ek is baie tevrede met die resultaat. Sal julle aanbeveel.  Groete Anna Marie Shutte


Baie dankie vir die uitstekende skoonmaak van my gordyne! Die werk is netjies en skoon gedoen, en ek is baie tevrede met die resultaat. Sal julle aanbeveel. – Groete Anna Marie S


Beste Philip en Chrisna,
Baie dankie vir julle profesionele en vriendelike diens met die skoonmaak van ons matte. Ons matte lyk weer nuut. Ons sal julle verseker aanbeveel en weer van julle dienste gebruik maak. – Groete, Nic & May


Dear Chrisna,
I’d like to thank you for the excellent job you did with the cleaning of the carpet at the Voogdy Apartment in Caledon. Your service really exceeded my expectation.

I basically hoped for a cleaned carpet that smelled good, because after a previous cleaning attempt I had accepted that it was not possible to get rid of those stains. Much to my surprise you managed to remove it.

Thank you also for your willingness to help me out on such short notice during the busy Easter Season. It is much appreciated, because locating a worth-while service in the Caledon region is already a challenge, let alone on such short notice. Once again, thank you for your service. 

Kind Regards,
Elsje L


Hello Chrisna, 
Baie baie dankie vir die fantastiese diens wat julle gelewer het – die matte en stoele lyk sommer weer nuut, en die kantore ruik ook sommer lieflik. – Lekker dag! Liza S


Beste Chrisna , Phillip en Chem-Dry span,
Ons wil net baie dankie vir julle se vir die uitstekende werk wat julle gedoen het om ons matte so mooi skoon te kry. Dankie dat julle die meubels geskuif het en dat julle so mooi opgeruim het. Ons waardeer julle puik diens en sal beslis weer van julle diens gebruik maak. – Met opreg dank en groete, D en H Jonker


Hallo Chrisna,
Ek kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi die huis se matte lyk na jul dit kom skoonmaak het nie. Dit lyk werklik ongelooflik mooi en het ek reeds sommer paar mense van jul goeie produk vertel. Ek gaan definitief binnekort van jul tak hierdie kant gebruik maak om ons matte in Somerset Wes ook te kom skoonmaak. Weereens baie dankie. – Lekker dag


Hi Phillip,
What a pleasure to have had Chrisna and Mathew, Richard and Grizelle here today. They did an amazing job of cleaning the carpets and furniture. I never thought the lounge carpet could be restored so beautifully – AND all those stains removed. WOW. – Kind regards Mel